Kan nie dans nie, net riel
ek kan nie dans nie, net riel
maar laat rym woorde amper elke keer
wanneer die blouvensters van my siel
eufories raak, keer-op-keer
as ek jou skoonheid aanskou
wanneer my hart se ritme tamboer
jou skoonheid op papier verbeeld
en woorde uit my pen troebadoer
om jou glimlag, glad nie grou
te kwas, verkwikkend soos moredou
ek kan nie dans nie, net riel
en ontbloot op papier my siel
©callie 2018
8 Kommentare
-
-
Anze
Ek is mal oor die rieldans op papier!!!
-
Viooltjie
Riel voort, Callie. Lekker ritmies :-)
-
Francois Meyer
Ek kan ook nie dans nie, maar sal eerder jou gedigte lees ☺ Uitstekende vers, Callie!
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.
Pendoring beoordelaar 2
Laat jou pen gerus verder dans