ek dink, ek is – (Goud) in die stilte van my grou gees waar wêreldsgeraas verdwyn vry van voorgee vry van skyn wonder ek weerloos oor my wees is ek bloot net vlees en been ‘n ster wat wag om te verskiet of vloei daar deur my diep alleen rede wat hemelligame gebied […]
leefreël – Goud mag my glimlag vir ewig ‘n skild wees dit vyandigheid moeiteloos inperk sodat ek kwetsende woorde nie vrees en kastydende konflik my versterk mag my trane vir ewig veilig wees by dié wat my lief het net soos ek is my diepste seer en kwaad genees sodat ek ‘n skuiling […]
beterweter – (Goud) Retha van Deventer jou oë glinster skouers word kordaat pappegaaibors agtertoe getrek om indrukwekkend te lyk of skalks om meer suurstofspasie te bewerkstellig want tot groot konsternasie en frustrasie het ander se woorde die vermoë om jou soos ‘n opgewende draaiorrel in die laat-ek-jou-vertel-rat se hoogste hiperboliese versnelling te laat babbel […]
riemvasmaak – Retha van Deventer (Goud) in ‘n bergwoestyn borrel binnewater warm waar loodregte kranse *karmenaatjies van edelstene koester soos *ma-goed hulle se kjinnirs beskerm en die *skroeison karmosyn op die *Kai !Gariep soos wanneer *pa-goed vet bokke uitbloei dáár word *rieme op kaalgrond vasgemaak want daarsonder is die lewe galbitter soos *traanuintjies en […]
die see was dik – Retha van Deventer (Goud) misvlae sweef swaar oor’ie seekant soos moeë velskoene wat slof in’ie dik sand die *bakkies is in die see was *dik fluister’ie weskuswind dit maak’ie hawe se hart wakker en’ie *huiskapteine se voete ligter *skille spat oor diepsee-stories en krimpende aalmoes-kwotas t’wyl snoek gevlek word […]
ontvlugting – Silwer wat is die lewe sonder drome dan die euforie daarvan om op sjampanjeborreltjies te dryf en die hoogte in te skiet en tussen die sterre vanuit die hemelruim kabouters en feëtjies te bespied of deur ‘n warrelwind meegevoer te word gewigloos tot waar jy jou op spookasemwolke bevind vry tussen reënboë […]
toekoms-turf – silwer nooit hoef jou kinders wat trou is te vra hoekom woon ons nogsteeds in Suid-Afrika ons weet jy’s die bodem van skoonheid en durf vir jare en dae ons toekoms se turf op berge en dale van kus tot karoo gevestig geanker deur elkeen wat glo behou trots tradisies vertroetel kultuur […]
heimat van my hart – silwer waar die limpopo loom in latente liefde kabbel grense van gras en goud as getuies glinster waar die bosveld se halstarrige hartklop weergalm in ‘n jakkals se roep na die nuwemaan waar die hoëveld se winde vrylik waai van die vrystaat se vlaktes bedek met geel graan en […]
maak my oop o gooi my deure wyd oop sodat lig my kan binnedring en ‘n skouspel kleure oopkring die duisternis in my tydelik verdring o gooi my deure wyd oop sodat ek jou fladderende vingers kan gade slaan wanneer hul liefderyk oor dit wat ek jou kan bied stryk wyl jy knus […]
grabbelaar jy los my in ‘n warboel wanneer jy lukraak van rak tot rak tas en torring en onbeheersd rondvroetel troetel jy jou soeke na iets gepas of skalks flambojant en astrant wat perfek pas (by jou) tiener-parmant jy los my in ‘n warboel
