Ewe skielik ’n alleenloper min positief baie negatief in die nou poort van e e n s a a m h e i d nêrens harmonie net uitgestrekte donker in dormante lig die bekende heimat nou ’n soewereine seer ©Anita van der Walt

My wêreld tol in ’n warrelwind tregter treusel ek met ’n traan sleurmens wat ek is uitgestrek lê die pad soos ’n welkom mat waar die son skrylings gaan sit sjuut kyk begin net stap ©Anita van der Walt

Met ’n verflenterde broekie en geskeurde hempie staan hy daar die seuntjie ’n kaalvoet klonkie snot neusie loop ogies vol hoop wag hy geduldig gedienstig gedweë mevrou so paar pennies ek kyk van die grond af op twee swart beentjies geraamtejies velletjie plek-plek skurf wit armpies en handjies saamgevou om koue uit te hou die […]

Die dolos het jy gegooi geeste geroep skepsels genooi tokkelossie wag gespeel belieg bedrieg besteel wonder waar kom jy vandaan die pad wat jy verder alleen stap ken iemand ooit jou naam kan jy jouself verstaan kwaad is jou oë boosaardig jou gesig gif in jou hart spoeg jy slang jy misbruik mishandel die mens […]


Miskien Neem ek my geel breipenne en brei vir jou ’n liefdeskombers ’n mooi bonte vol note wat jy warm om jou kan vou miskien tap ek vir jou ’n bad vol warm water een waarin jy kan baai met borrelende borrels shampanje en kaviaar miskien net miskien sing ek vir jou ’n liedjie by […]

Vrydagaand drank misbruik lont en kruit Saterdag sand stof bomme ontplof oë traan doodsreuk hang lewensloopgrawe grou wegkruip vir jou jou haat en nyd die ewige verwyte spyt lê wyd ’n slagveld net geen dood word aangemeld vermink gebreekte sielslagoffers wanhoop huil pleit seer gille ten spyt geen berou word net uitgejou Sondag wit vlag […]

(750 woorde) 27 Februarie 1881. Die slag van Majuba. Die oorwinning van Majuba het die einde van die eerste Vryheidsoorlog beteken, en het aanleiding gegee tot die ondertekening van die Konvensiesie van Pretoria 21 Maart 1881. Die jong Suid-Afrikaanse Republiek het so hul volksbestaan gevestig, hul selfvertroue en nasietrots gegee. Hul taal en kultuur is […]

In geurige blom gesiggies het ek na jou gesoek agter bome gekoekeloer saam met die son opgestaan geroep hoor jy my seer? hoopvol het ek na die maan gestaar hy het net die geheim bewaar wie soek sal vind toe gaan krap ek in my hart rond daar het ek jou stralend gekry met ’n […]

die vrug so soet soos stroop ’n bietjie verrimpeld ook maar gekneus hang maar net aan die tak (of so voel dit) geanker aan die boom ryp in jare proe (eintlik) nog geurig op die tong geen bloeiselkleure meer nou in lig en donker skakerings dan val die oorryp vrug in U skoot ©Anita van […]



