Eensaamheid
Ewe skielik
’n alleenloper
min positief
baie negatief
in die nou poort van
e e n s a a m h e i d
nêrens harmonie
net uitgestrekte donker
in dormante lig
die bekende heimat
nou ’n soewereine seer
©Anita van der Walt
1 Kommentaar
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.
Anze
Pragtig, dankie vir jou bydrae vir Julie 2024 – OOP projek