Sangoma
Die dolos het jy gegooi
geeste geroep
skepsels genooi
tokkelossie wag
gespeel
belieg
bedrieg
besteel
wonder waar kom jy vandaan
die pad wat jy verder alleen stap
ken iemand ooit jou naam
kan jy jouself verstaan
kwaad is jou oë
boosaardig jou gesig
gif in jou hart
spoeg jy slang
jy misbruik mishandel die mens
dan los jy hul aan die noodlot
dink jy jy het hul nie nodig
maar sonder hul is jy eintlik ’n nul
©Anita van der Walt
1 Kommentaar
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.
Anze
Pragtig, dankie vir jou bydrae vir Februarie 2024 - Dolos projek