Jongste aktiwiteit:

DIS JOU BEURT

Dinge loop skielik in jou lewe en dan wonder ons gewoonlik hoekom dit so is.
Dis nie die dolosse wat nou verkeerd val en jy is ‘n slagoffers nie, nee karma het jou adres gekry en bly nou daar tot jy reg gemaak het of jou les geleer het.
Die lewe het net een reël en dit is dat jy ‘n les moet leer, as jy nie doen nie herhaal die probleem homself.
Ons almal weet wat jy saai sal jy maai. So hoekom is dit vir jou enigsins ontstellend in die situasie waarin jy is.
Onthou jy die storie wat jy gedraai het terwyl jy verkeerd was en nou vertel jy dit oor sodat meer mense onder jou invloed kom, maar jy vergeet nou het karma twee deure om aan te klop.
Wanneer jy en iemand ‘n meningsverskil het sorter dit tussen julle uit dit is nie nodig om ‘n hele kerk of gemeenskap after jou te kry met jou leuens nie.
Mens vergeet net een ding jy is die dollos in die lewe en jou besluite gooi daai dolos terwyl jou besluite sirkels veroorsaak en ander se lewens ook raak.
Karma is die lewe se dolos wat tog in my mening regverdigheid last geskied.
Wees vandag positief en wees vriendelik en gaaf. Is dit nie wat jy verwag hoe om behandel te word nie ?
Hoekom as mens iets sê en jy trap op tone sien jou opponent dit as ‘n aanval ?
Omdat jy die fout uitwys nou soek hulle iets om jou van te beskuldig om die aandag van hulle af te kry en as jy jou telefoon nog daarna optel en begin tik stop jouself net daar.
Mense wat ‘n fout maak stel dit onmiddelik reg om weer die balaans in sy of haar lewe terug te kry.
Mens begin introspeksie by jouself moenie ander blameer vir jou foute nie anders leer jy nooit nie.
My opinie is dalk nie almal sin nie en jy stem dalk nie saam nie, maar dit is net ‘n regverdige denkproses.
Mens moenie iets doen waaroor jy later spyt sal kry nie. Behandel mense soos jy behandel wil word. Hulle sê nie verniet dat ‘n mens nie weet wat jy aan ander doen tot dit met jou gebeur nie




1 Kommentaar

Maak 'n opvolg-bydrae

Up
Top Ranked Users

[joinup_core_top_members columns=”1″ space=”no” max_members=”3″ behavior=”columns” columns_responsive=”predefined”]

Activity Feed