Die dag toe die dolos draai Goud
Die dag toe die dolos draai
Die see was stil,
daardie onweersdag
toe enkelryvoetspore
kronkel
skeef
kartel
in die witsand by die baai
jou alleenmens skadu
het in ‘n donker kol
oor die rots gerol
terwyl jou soutverlang
op jou wange droog
die see was stil,
daardie onweersdag
toe jou lappoplyf
dryf;
dobber
het jou keerwal gedraai
by Drie Anker baai
Amanda DM
1 Kommentaar
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.
Anze
Pragtig, dankie vir jou bydrae vir Februarie 2024 - Dolos projek