Jongste aktiwiteit:

OM TE GLO

In vandag se ou lewe word baie dinge ons ontneem van menseregte tot die reg van skoon water en die lys gaan aan. Ons kom voor eindelose uitdagings elke dag te staan en dan vra ek myself, wat is dit wat my elke dag inspireer om aan te gaan?
Ek kyk hier na my kleindogter Alexis se foto. Sy was Februarie vier Jaar oud en boeta word later sewe Jaar. Die onskuld en opregtheid van ‘n kind gee my vrede en hoop vir môre.
Dit is daardie onskuld en opregte manier van liefde gee wat my hart aangryp.
Hulle vertrou sonder enige oordeel , hulle sien geen kwaad in enige een nie.
Dis net liefde wat hul uitstraal en daarom moet ons , ons kinders beskerm.
Teen die boosheid wat ‘n kindjie se onskuld insluk en met donker besoedel.
Elkeen van ons wat ‘n ouer en grootouer is glo ek sal jul arms af baklei vir elke kind en kleinkind.
Ek glo ook julle sal met my saamstem dat ons kinders die leiers van môre sal wees as ons vandag baklei vir geregtigheid en ‘n voorbeeld is vir ons kinders wat dit beteken om verantwoordelik op te tree en verantwoordelikheid te aanvaar.
Kom ons doen ons plig, maar moenie die belangriker vergeet om hulle in liefde te vermaan en hul lief te hê nie.




1 Kommentaar

Maak 'n opvolg-bydrae

Up
Top Ranked Users

[joinup_core_top_members columns=”1″ space=”no” max_members=”3″ behavior=”columns” columns_responsive=”predefined”]

Activity Feed