Jongste aktiwiteit:

Waarom mense bly.

Waarom bly mense in verhoudings waarin daar herhaaldelik op hulle verneuk en gelieg word?

Die hoofrede is ‘n ongegronde vrees vir alleen oudword. Ongetroude paartjies se kollaterale rede is die idee dat die huwelikseremonie iemand permanent kan verander. Die vrees en valse hoop is in baie gevalle so groot dat ten spyte van gedrag, wat bewys dat daar geen respek vir die verhouding is nie, duur die verhouding voort.

Dit is ‘n vrees wat innerlike konflik veroorsaak wat wantroue skep in die persoon se eie vermoë om eerlike, lojale en betroubare mense te kan onderskei. Die nagevolg is dat die persoon ander mense onder dieselfde kam skeer. Die oplossing hiervoor is om te besef dat almal nie dieselfde is nie, selfliefde en die kennis dat die ware, egte vrees nie moet wees om alleen op te eindig nie maar dat daar met die verkeerde persoon getrou word. Egpare moet weet dat ‘n belofte limiete het en wel sekere voorwaardes inhou.

©VonVillon




1 Kommentaar

Maak 'n opvolg-bydrae

op
Top Ranked Users

[joinup_core_top_members columns=”1″ space=”no” max_members=”3″ behavior=”columns” columns_responsive=”predefined”]

Activity Feed