Jongste aktiwiteit:

Ons is nog op die bottel

Want watter mens ken die dieptes van ʼn mens, behalwe sy eie gees in hom?
I Korintiërs 2:11

Dit lei geen twyfel nie dat dit ʼn merkwaardige en spesiale ouerskap verg om ʼn gestremde kind op te voed (veral as die gestremdheid geestelik van aard is), maar om te glo dat God doelbewus skep met gestremdheid in gedagte is totaal en al vals. Die oorspronklike sonde is te blameer vir skending van God se perfekte skepping. Danksy God se liefdevolle karakter, regverdigheid en perfekte oordeel verander hierdie hartverskeurende gevalle in situasies waar God verheerlik word. Wat belangrik is, is om te verstaan dat alhoewel gestremdheid nie God se wil is nie, word mense wel so gebore.
Wat as die kind blameer word vir sy gestremdheid omdat dit teen die wil van God is? Belaglik, né?

Homoseksualiteit is ook teen die wil van God, dis sonde. As ek dan nie die dieptes van ʼn ander mens kan ken nie, wie is ek om te verklaar dat dit ʼn persoon se keuse is, dat dit moedswillig is of dat dit ʼn geestelike gestremdheid is? As gevolg van die grys area kies ek om die Here se opdrag uit te voer deur lief te wees vir God en vir ander soos myself; ek laat oordeel en veroordeling aan Hom oor.

Ns: Ek hoef nie met die leefstyl saam te stem om lief te hê nie.
©VonVillon




1 Kommentaar

Maak 'n opvolg-bydrae

op
Top Ranked Users

[joinup_core_top_members columns=”1″ space=”no” max_members=”3″ behavior=”columns” columns_responsive=”predefined”]

Activity Feed