Skaakmat (Silwer)
Betower deur vlamtonge in jou kouevuur
soos in ‘n trans het ek gedans
op die tromslag van my hart se tamboeryne
die bitter brousel liefhê
uit die blink beker wat jy bied
stik-stik gesluk
omdat dit
(of so het ek gedink)
die regte medisyne was vir blywende geluk
blasé het jy keer op keer jou hand oorspeel
en ek kon myself
eers van jou gemene spel genees
toe ek leer om die makabere kriptiek
in die beendere wat om jou lê, te lees
©️Elize Kruger
9 Februarie 2024
1 Kommentaar
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.
Anze
Pragtig, dankie vir jou bydrae vir Februarie 2024 - Dolos projek