Jongste aktiwiteit:

voor-seisoen kalf

in noordelike somer
is die weskus droog
fynbos krakerig sag
en my duin windstil

die skaap loop traag
op droë stoppelveld
staan en herkou voer
laasjaar se koringoes

eenkant in die kampie
staan watertrog alleen
waar vee daagliks suip
geen koelteboom naby

verlore in die leë veld
staan maer bruin koei
met voor seisoen kalf
vergeefs suig dit daar

laasnag is sy gebore
in bitter koue weer
soek biesmelk anders
sal beslis nie oorleef

na weke se pamperlang
onder boervrou se speen
word voor seisoen vers
lewendig en begin leef

wie weet – miskien sal
sy ook eendag so kalf
in koue winters nagte
een voor-seisoen vers

©Teárlach




2 Kommentare

Maak 'n opvolg-bydrae

Up
Top Ranked Users

[joinup_core_top_members columns=”1″ space=”no” max_members=”3″ behavior=”columns” columns_responsive=”predefined”]

Activity Feed