
Vers een die beminning
Kra-p die silwermaan, O’beminde
sodat jy die sprinkels oor jou kan strooi;
brei jou vingers in ‘n waboom in-
in die soepelheid van jou slaap,
rus dan rustig vol gedagtes
donker en alleen sal ons mekaar vind;
pers my lippe teen joune vas,
splinter porselein ek is jou papirus
‘n poel in die naakte oasis
van ‘n woestyn matras
waar jy korrel-korrel
in my siel glip.
(En ek soek jou steeds in my drome,
my dae is stilgebonde soos ‘n gewonde kryger,
in ‘n oorlog van liefde, O’beminde-
mag my woorde op jou winde koets
tot waar jy eendag, tot waar ek…)
©Morné du Preez
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.