Oorlewing
hy hang
aan dun garing draad
om muggies te vang,
as mikro kos
hy wag vir
toeval mana
en ń vol maag,
al maande sonder kos
gepanser in verweefde stukke
vul hy ruimtes vol nette
in ń soeke vir meer,
as net die nodige kos
trilling op web
ń boodskap wat
oorlewing skree,
en vir ander die dood
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.