Hondse praatjies
Hondse praatjies
Die siekhond klou aan my neusvleuels
perde gallop in my kop sonder teuels
ek blaf en blaf en blaf
maar maak geen hond haar-af
sonbesies dink dis Bosveld in die gange van my brein
definitief het hul nie probleme met sein
my ore staan en maak of hulle luister
maar los my verstand in die duister
riviere van taai groen flym
los my in ‘n diepe swym
my maagspiere trek ‘n sespak
as die hondse geproes my beetpak
die stilte is oordonderend
ek sal my maar tot hondse praatjies wend
die siekhond moet nou nie dink hy kan lêplek vind
ek skop hom uit stert in die wind
voor die jaar op sy rug lê
sal ek van hierdie dinge my laaste sê sê
dis nou te sê as ek ‘n woord kon uitkry
my seksie rasperstem sal hom sekerlik kan verlei.
C Diederiks ©
3 Kommentare
-
Tearlach
Baie mooi
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.
Anze
Pragtig, dankie vir jou bydrae vir Januarie 2024 - OOP projek