Vuur in my vingers (goud)
Ek skryf en skryf met vuur in my vingers
ure vlieg en dae verdwyn die donkerte in
soos my woorde vlamvat
sin na sin ontplof my pen vol ink
my gedagtes gloei soos koeël
en ek skryf met letters wat na bo wys
in my simfonie van tale
skryf ek jou raak
skryf ek jou mis
skryf ek jou weg
skryf ek jou reg
skryf ek jou hier
in hierdie skeppende reis
is ek vry
bly ek skryf en skryf
met vuur in my vingers
verhaal ek my siel
ewig en altyd myne.
© Mei 2024 Caren Kearley
FB: Nimfoleptiese Woorde
1 Kommentaar
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.
Anze
Pragtig, dankie vir jou bydrae vir Mei 2024 - OOP projek