om die lewensjaar te groet
om die lewensjaar te groet-
vanaf dáárdie horison
het ons saam gestap
soos krieke al om
die boom se voete
’n paadjie in sagte sand
saam met haastige miere
die lewe ge-padkaart
nou skuifel ons rus-rus
die laaste bultjie oor
want anderkant wag
die nuwe Horison
©adéle
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.