Oordeel sonder klippe
Sy glimlag wink warm en innemend
oortuig haar hart ewig vergewend
al haar liefde aan hom te skenk,
hulle saamwees jarelank al gedenk.
Uit sy kindertyd sy lewenstaak
met bedrog en leuens vervolmaak.
Stil onttrek sy haar lewe na buite,
haar trane dofreën teen die ruite.
Vriende verraai haar met baie nyd,
verwerp daarmee haar eie opregtheid.
Naby familie laat haar gestrand
sny skerp af die hegte familieband.
Sy glimlag bluf nou niemand meer,
tog geen kruie vir haar hart se seer,
almal vermy haar asof melaats
glo ook sy net bedrog weerkaats.
Om hom as lewensmaat te hou
beteken nie dat sy ook verbrou.
Haar gebed treur oor hulle wat glo
dat daar geen genade is van Bo.
©adéle
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.