Jongste aktiwiteit:

Hoop maak alles nuut

Dis ‘n nuwe jaar
hoor ek ‘n dun stem fluister
die nuwejaars besluite
is maar weereens, weereens net ‘n miete

In ‘n wilde, onbekende, nuwe wêreld
ruwe berge en bruisende riviere
‘n delikate pampelmoes vol wilde gedagtes
en die blote prag van wilde aalwyne

Saggies oor klipgekraakte vensters
val die skemer
daarbuite spook die wind weer hard
swaar plof die eerste druppels neer
tot dit ruis so deur die gebrom
en gekraak van die donderweer

Eggo in die sonsondergang
rooi vreugde, kalmte en vrede
sirkel uit die hemel vuurwerke
wat soos sterre oor die stad val

Sit ek en dink aan die dae verby
dae van liefde, leed en drome
braaivleis in die bos en ander verhale
en skielik raak my denke nuut




1 Kommentaar

Maak 'n opvolg-bydrae

Up
Top Ranked Users

[joinup_core_top_members columns=”1″ space=”no” max_members=”3″ behavior=”columns” columns_responsive=”predefined”]

Activity Feed