Die laaste avondmaal
In die bovertrek het Hy
saam met die twaalf aan tafel gesit
daar was ’n vreemde trek in sy oë
Sy gemoedsrus – bewoë
Hy wat altyd so seker was –
Meester van elke situasie
skokkend was Sy woorde
‘een van julle wat saam met my aan tafel sit
sal my vannag veraai’
skok en ongemak
vul die vertrek
‘Rabbi wie sal dit wees?’
‘die een wat saam met My
sy hand in die skottel steek
sal My vannag veraai’
Judas kon homself nie keer
en doop sy broodjie
saam met die Heer
daarna staan hy op
verlaat die vertrek
dit
was
nag …
———oo00oo——–
©Pieter Mostert
[Silwer]
1 Kommentaar
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.
Anze
Pragtig, dankie vir jou bydrae vir Februarie 2024 - Dolos projek