DIE LEWE SE KOUGOM
Die gesegde is nie verniet dat die lewe nes ‘n “nickerball” is nie. Hard, maar lekker.
Daar is ook ander aspekte in die lewe en somtyds voel dit of ons nie heeltemal in beheer is as die dolosse vir ons verkeerd val nie.
Nie altyd in die lewe val die dolosse in jou guns of om die vloedwaters en storms in ons lewens te breek of te keer nie.
Net somtyds lê of val hulle verkeerd en dis dan wanneer slegte dinge met goeie mense gebeur.
Glo jy aan op die verkeerde plek op die verkeerde tyd of glo jy dat jy presies daar is waar jy moet wees elke dag ?
Ek dink ons word as instrumente gebruik om op daai verkeerde tye wat eintlik die perfekte tyd is ‘n verskil in iemand se lewe te maak. Jy is nie verniet laat vir werk een oggend nie.
‘n Dame se voertuig het onklaar geraak met ‘n siek kleuter in en jy is die een wat daar verby moet ry, gaan jy verby ry of stop en help omdat jy reeds laat is ?
Ek glo ons kan tot diens wees van ons naaste om oneself te verreik. Die dolosse van die lewe kan val nes hulle wil, maar ek glo ons kan die resultaat beheer deur iets vir jou medemens te doen.
Dit hoef nie sleg uit te draai vir jou of iemand anders nie.
Wat ‘n mens saai sal jy maai staan daar geskrywe alhoewel dit nie altyd so uitwerk nie en daar baie keer niemand jou help nie.
Dit het ek ook al beleef dat nie alles net so aanvaar moet word nie.
Eerstens moet jy jouself help en daarna jou naaste wat jy liefhet soos jouself.
Die lewe het ‘n paar lesse wat hy ons leer . As jy nie die les leer nie herhaal die probleem homself tot jy dit geleer het en een les wat ek onlangs geleer het is juis om te weet wanneer om “nee” te sê.
Baie keer voel dit vir my mense ken my net as hulle probleme het, maar as ek ‘n probleem het is daar niemand wat my help nie.
Mens moet pasop dat jy nie so besig is om die dolosse van die lewe te help om reg te val vir ander terwyl dit alles vernietig in jou eie lewe nie.
1 Kommentaar
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.
Anze
Pragtig, dankie vir jou bydrae vir Februarie 2024 - Dolos projek