
voel dit reën
soos dik reënwolke
sprei jou woorde oor huise
waai dit en warrel dit
oor woord kluise
druppels wat val
tref dakpanne en ruite
reën uit alle oorde
met enkele akkoorde
die dans van woorde
soos die reëndruppels
wat gedagtes benat
trane wat wil spat
uit die donkerblou hemel
kom daar wolke wat reën
waak oor die weerligte
die harte se sugte
saam met die opklaarbuie
waai die winde van verandering
woorde wat kom en gaan
spoedig nie meer bestaan
©Teárlach
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.