Jongste aktiwiteit:

mens en barbaar

rustige deinende see
begroet my vanoggend
dit sou gereën het
die voorspelling
nie akkuraat

op die oppervlakte
lê die see spieëlglad
onder is daar beweging
wat van ver af ego
wind of bewing

oppervlakkig is mense
soms eerder barbare-dom
glad met die bekkigheid
onder skuil moord
en vernielsug

vreedsame velde
met mensbloed gedoop
half geslagte diere
omgegooide
byekorwe

mens en barbaar
slegs definisie van iets
wat enige oomblik
kan ontplof in
geweld

©Teárlach




Maak 'n opvolg-bydrae

op
Top Ranked Users

[joinup_core_top_members columns=”1″ space=”no” max_members=”3″ behavior=”columns” columns_responsive=”predefined”]

Activity Feed