Huistoe
‘n olyfboom staan wild teen die voet van Kasteelberg
aronskelke blom nie meer hier nie
die blou lug hang in dik wit wolke
aan die hemelruim se wange
ek kyk oor die vallei
Hadida’s steel die stiltes
mense kom en gaan woelig
party bly te lank
ander slaap net oor
en soms sterf iemand hier
ek draai om en volg my eie spore
terug huistoe
terug na die plek waar ek myself weer kan vind
‘n boek kan lees
op ‘n stoep langs ‘n tuin dammetjie
selfs saggies saam met Frank Sanatra
what a wonderful world kan sing
myself in die son se strale kan laat skitter
hier waar ek op jou rusbank kan sit
my bibberlyf in jou arms toe kan toevou
tot onsterflikheid ons wegvoer.
© 2021 Caren Kearley
Kopiereg voorbehou
1 Kommentaar
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.
Anze
Pragtig, baie dankie vir jou bydrae tot die Mei 2021 – OOP projek