
heimwee
–
die berge blomme bome
van die groen-blou berge
skemer deur die misgordyn
van my druppels geheue
–
hangende tuine van groen
trosse blou en geel blomme
wat skitterend blink oral
oor oë van my onthou
–
wees waar jy wil wees
word jy wees omdat jy wil
vergeet sal jy nooit die berge
die roep van bosveld loerie
–
golwe van die see roep
my duin oorskadu met mis
soos gordyne sluier dit
hart se roep vanself
–
©Teárlach
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.