Ek is lief vir jou – Silwer
Dit staan my die vorste seun
nog lewendig voor
dat ek jou my liefling
met die sluik haardos
ore wat lyk soos skulpies
plat winkbroue
oë wat vlam soos ‘n lopende vuur
kuiltjies in jou rooi wange
lippies wat nooit skoensole maak
sagte onbesoedelde hande
en kromme aan jou mollige lyf
regtig gaan verloor
maar my versteende hart hang
daarna
om jou mooi te vra
dat jy nie my moet los nie
dat jy nie voorspooksels moet maak nie
Godswaters oor Godsakker laat loop nie
vir eenmaal weer jou voete voorsteek
en ‘n waai aan my bene gee
want jy is nie ‘n ydeltuit nie
as gevolg van jou
draai skoenlappers deur my maagkrop
boonop verkondig leef en spreek
jy die Woord van God
altyd vervul met die Heilige Drie-eenheid
so ek weet my geeue is nie
‘n stem roepende uit ‘n woestyn nie
elke keer as ek uitlê
by my uitspringende venster
en vir jou (my liefling) fluit
sal jy met ‘n glimlag omkyk
my liefling weet wat ek soek
want sy waai met haar sakdoek.
1 Kommentaar
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.
Anze
Pragtig, baie dankie vir jou bydrae tot die Mei 2021 – OOP projek