Passieblomgedig- Silwer
Lunar Trifecta
Ons is nou in die verliefraakstaduim
as ons mekaar sien
is daar ‘n onrustige ronddraai
in die kasse van ons oë
en trek ons wit skene bloedrooi
Dus wil ek met veelkleurige blomkwassies
haar skilder in sierlike geheel
waar sy op ‘n grasgroen blommeperk sit
voor populiere helder geel
maar sy vermy die dagligure
sodra die son daal agter die westerkim
wil sy eérder pieknieks hou
en ek, ek moet saam met haar staar
na die verligte skyfreis van ‘n vollemaan
maar vanaand onder die nagskade
vol maansirkels
wat kringe maak op die vloedgolwende see
waar sy onverwags inklots
sit ek (aan haar en dink)
tussen seerose op wier
en speel nou alleen klippiehink
ons was maar nog eers in die verliefraakstaduim
‘n kort liefdesbetrekking aangeknoop
tot sy daardie dag in die see loop.
1 Kommentaar
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.
Anze
Pragtig, baie dankie vir jou bydrae tot die Mei 2021 – OOP projek