Welkom, Besoeker
Welkom, Besoeker

Titel: Die dopperkiaat (Silwer)

Deur Charleine
Datum gepubliseer: 1 Desember 2019 Aantal woorde: 88 433 Kere gelees 16

Na ‘n laat-lente, deurdag, deurnag,
noag-reën se nat,
het die lowerreus (al dig verskuil bebot),
na so ‘n heil’ge doop, spontaan in songeel
vreugdejubels uitgespat,

volmaak ons vroegsomer en snerpwinter ruiswind
oor ‘n doodgaan droë seisoen,
vol konfetti-spikkels, nuut, so mooi,
in ‘n skittergoue eg oor groen gestrooi,
verbind.

Maar die dopper is maar ook ‘n fopper.
Die blompies kwyn met songang
in die grasperk en verskyn
weer lukraak na ‘n bui –

sikleer my in sy pynverbond
totdat die einde kling-klang lui.

Charleine Collins © November 2019




TEMAS
1 Kommentaar
  1. Anze

    2 Desember 2019

    Pragtig, baie dankie vir jou bydrae tot die November 2019 projek – Laat-lente

Laat u kommentaar

GESKRYF DEUR

Jy moet ingeteken wees om boodskappe aan hierdie skrywer te kan stuur.

Publikasies: 104
Kommentaar telling: 40

Horison Media

AfriForum – Trotse borg van INK dig/skryf kompetisie

FAK – Trotse borg van INK dig/skryf kompetisie

Die Afrikaanse Taalmuseum & -monument – Trotse borg van INK dig/skryf kompetisie

Gebruikers Aanlyn

0 Lid, 149 gaste aanlyn

Bydraes – Argief