Jongste aktiwiteit:

Humor in die kerk

RUBRIEK
(Brons)

Humor in die kerk.

Kerk: net ʼn gebou, maar ook die plek waar talle gelowiges Sondae vergader waar, onder andere Woordbediening plaasvind. Soms is dit in hierdie einste gebou waar doopbeloftes afgelê word en ook feestelike tye soos huweliksbetrekkings geskied. By ander geleenthede is dit vir die minder aangename tye wat almal in die kerk vergader om hulle laaste eerbetoon aan ʼn geliefde te wys.

Hoe dit ook al sy, die kerk is die plek waar ons gewydheid adem.

Sondae se eredienste verloop dikwels minder formeel en is daar ʼn gevoel van samehorigheid onder die kerkgangers – of altans – meeste van hulle. In die verligte era waarin ons nou woon is heelwat kerkgangers meer gemoedelik, maar die ouer garde hou baie van stille toewyding en geordendheid.

Die raad wat ons so dikwels in die lewe hoor, is: “Sien die humor raak”.

Wel na oorlewering laat een so ʼn humoristiese staaltjies my lekker giggel.

Jy sien – die heel beste plek vir ʼn kind in die kerk was natuurlik bo-op die galery. Van daar hoog bo die ander kerkgangers kon die klomp koshuiskinders mooi afkyk op die mense onder in die kerk.

Oom Bennie Bles soos hy bekend gestaan het, se gunsteling plek was dan ook reg onder in die middel van die kerk. Pieter, een van die rooikop tweeling broers kon nie ophou wonder hoe dit sou lyk as ʼn rou eier reg op die omie se pankop te lande sou kom nie. Die onderwerp van bespreking het hulle vir so twee Sondae laat wonder en toe kry die versoeking sowaar die oorhand! Sondagoggend is Pieter, gewapend met die eier in sy broeksak, gereed om sy bose planne tot uitvoer te bring. Met die sing van die tweede gesang hoor hy een nare kraakgeluid en tot sy groot ontsteltenis volg die verskyning van ʼn goudgeel kol op sy sitvlak. Voordat hy die kwaaijongstreek tot uitvoer kon bring was Pieter die een met die kol en oom Bennie Bles salig onbewus van die ramp wat hy vrygespring het.

Nodeloos om te sê het die streepsuiker wat gevolg het, Pieter en die ander in hulle spore gestuit vir enige verdere manewales in die kerk …

©Marlene Erasmus

24/02/2020
364 Woorde




1 Kommentaar

Maak 'n opvolg-bydrae

Up
Top Ranked Users

[joinup_core_top_members columns=”1″ space=”no” max_members=”3″ behavior=”columns” columns_responsive=”predefined”]

Activity Feed