Jongste aktiwiteit:

’n Klinkende oorwinning

(750 woorde)

27 Februarie 1881.

Die slag van Majuba. Die oorwinning van Majuba het die einde van die eerste Vryheidsoorlog beteken, en het aanleiding gegee tot die ondertekening van die Konvensiesie van Pretoria 21 Maart 1881. Die jong Suid-Afrikaanse Republiek het so hul volksbestaan gevestig, hul selfvertroue en nasietrots gegee. Hul taal en kultuur is bevestig wat tot taalbewegings gelei het bevestig.

Interessante feite

Die Britte was persoonlik gelei deur Sir George Pomeroy Colley, opperbevelvoerder en die goewerneur van Natal. Hy was ook in die hoedanigheid as Hoë Kommissaris oor die Britse Kolonies in Suidelike Afrika aangestel.

Hy het begin met 1200 troepe maar het na die slag van Laingsnek en Skuinshoogte nog 2000 troepe van Newcastle laat kom.

Die boere is gelei deur Kommandant-Generaal Piet Joubert, Veggeneraal Nicolaas Smit, Kommandant Joachim Ferreira en assistant-veldkornet Danie Malan met 1500 vrywillige boere.

Majuba is ’n berg in Natal. Die boere het die berg Spitskop genoem en die swart gemeenskap het die berg Amajuba genoem wat, plek van die duiwe beteken.

Die aanloop tot die Slag van Majuba

Met twee nederlae teen die Boere, die Slag van Laingsnek 28 Januarie en die Slag van Schuinshoogte 8 Februarie, het Colley besluit om die Boere weer aan te val. Sy strategie was om Majuba te beset en so die Boere van bo die berg af aan te val omdat die Boere besig was om verskansings te bou in die rigting van die berg.

Colley het met die nag van 25 Februarie om een uur, 600 man gestuur om Majuba te bestyg. Hulle kon net rantsoene vir drie dae, hulle gewere, 70 patrone en water saam geneem het. Colley en die ander manskappe sou 26 Februarie volg.

Colley en sy manskappe het dadelik gaan rus, nadat hul die koppie uitgeklim het sodat hul uitgerus was vir aanval. Hy was seker daarvan dat hul ongesiens die berg bestyg het. Drie foute wat Colley gemaak. Hy het sy manskappe so geplaas dat hul nie oor die kruinrand kon sien nie. Hy het ook nie skanse laat bou om sy soldate te kon beskerm en hulself te verdedig nie. Hul moes eerder rus. Hy het ook geglo hul posisie op die berg was goed en was te houtgerus.

Die het Boere agtergekom die Britte bestyg Majuba. Hulle plan was om die berg uit te klim en die Britte van Majuba af te dryf.

Veggeneraal Smit het die eerste groep Boere na die laer hange van Majuba gelei om die Engelse wat oor die hange sou kyk te skiet. Onder kommandat Ferreira het een groep boere die berg van die noordelike helling begin uitklim. ’n Tweede groep het van ’n suidelike helling begin uitklim. Die konstante dek vuur van Veggeneraal Smit en sy manskappe, was die deurslagewende rol wat daartoe gelei het dat die boere die berg vroeg die oggend van 27 Februarie ongesiens kon bestyg.
Verskeie bronne vertel, van die Engelse soldate het wel geloer en op ’n paar boere geskiet maar die meeste van die tyd het die boere hulself so verskans in die bos dat hul nie agtergekom het hoe hoog die boere al die koppie uitgeklim het nie.

Die aanval

Terwyl die boere die laaste gedeelte van die koppie bestyg het, moes die onderste Boere ophou skiet omdat hulle bang was hul skiet hul eie manne raak. Die Engelse het aangeneem dit het beteken die aanval is gestaak. Colley het in hierdie stadium nog steeds nie geglo die Boere gaan die kruin aanval nie.

Om een uur die middag, van 27 Februarie, het die Boere oor die kruin gekom en die Engelse totaal en al onverwags gevang. Van hulle het in hul poging om vlug te van die aanval, oor die kranse gespring en hulself dood geval. Die Britte was die heeltyd op die verdediging. Die geveg het nie lank geduur nie. Die Engelse het terug geval na Mount Prospect hul laer. Colley is op die berg gedood.

Die res is geskiedenis

Was dit nie dat die Boere kopgehou het nie, gedertimineerd was en geveg het tot die bittereinde toe nie, was die geskiedenis van Majuba dalk net anders geskryf. Hul voorbereiding die dag voor die slag van Majuba het hul oorwinning met die genade van God verseker. Aan die Boerekant is twee burgers dood en vyf lig gewond. Aan die Britse kant het ses offisiere en 86 soldate gesneuwel terwyl 9 offisiere en 125 soldate gewond is. Daar is ook 53 krygsgevangenes geneem. 46% van die Britte op Majuba is dood of beseer.

 




1 Kommentaar

Maak 'n opvolg-bydrae

Up
Top Ranked Users

[joinup_core_top_members columns=”1″ space=”no” max_members=”3″ behavior=”columns” columns_responsive=”predefined”]

Activity Feed