
GELOFTEDAG
GELOFTEDAG
Die Slag van Bloedrivier
Geloftedag is saam gevier
Ons Boerevolk is almal hier
Voortrekkers skote is gevuur
Op 16 Desember 1838
is die belangrikste gebeure
‘n Boerevolk span die gewere
en is totaal afhanklik van die Here
Die Voortrekkers was bewus
waar hul kragte en magte rus
teenoor sestienduisend Zulu’s
die groep ontmoet tot aangesig
poppe het gedans met aangesigtyd
Net ‘n klein groepie mans was daar
Here U genade is die stryd bewaar
U kragte het oorwinning behaal
maar U beloof om al die eer
aan die Here alleen te gee
Aan die Afrikaner se geskiedenis
en onder in die senotaafsaal is
Die Woorde in ons harte dra
“Ons vir jou Suid-Afrika”.
© Eleen van Deventer Vorster
29/12/2023
Nuutskepping:
Vir meer direkte kontak, interaksie van aangesig tot aangesig – aangesigtyd
2 Kommentare
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.
Anze
Pragtig, dankie vir jou bydrae vir Desember 2023 – Veldslag projek