Jongste aktiwiteit:

Maak liefde, nie oorlog nie!

(Woordtelling : 399)

 

Nee wat, op die ou einde vermag mens eintlik niks deur met ’n ander oorlog te maak nie. Op sy beste is dit net ’n verloor-verloor storie vir almal. Deur die eeue het regerings hulself soos jong kapokhaantjies opgepof en jong seuns met groot gewere na ʼn slagveld gestuur om mekaar flenters te skiet. Tegnies gesproke is jong seuns die beste soldate want hul brein is nog nie ten volle ontwikkel het nie en dit maak hul dom-astrant. Die amptenaar wat die bevele gee sit natuurlik veilig in die parlementsgebou en blaf instruksies uit. Nooit sal hy sy pofferige handjies uitsteek om deur ’n ander se bloed besmeer te word nie. Van vreedsame onderhandelings is daar selde sprake, en verdraagsaamheid bestaan nie.

Die onmin wat in families en onder vriende voorkom mag op kleiner skaal wees, maar is selde minder pynlik. Die tong is immers ʼn magtige wapen. Soms is daardie onderonsies deur jou eie toedoen, veral wanneer jy nie ʼn ander se keuses en grense kan, of wil, respekteer nie. Noodgedwonge sal ʼn geveg volg, en niemand tree uit as die oorwinnaar nie. Beide kante is bebloed en vol gate geskree, geestelik pimpel en pers geslaan, woedend kwaad vir mekaar.

Dit is asof ons net nie sinvol probleme met mekaar kan uitpraat nie. Elkeen dink hy weet die beste of is die belangrikste, en niemand wil die knie voor die ander buig nie. Hierdie heethoofdigheid is dalk nie nuut nie, maar in die laaste paar dekades dit borrel al hoe vinniger na die oppervlak.

So het Ano haar eie oorlog met naaste familie gehad. Sy was laatlam babasussie van die familie en het volgens die ander drie wyses, “niks” geweet nie – ten spyte van byna vyftig dekades op hierdie draaiende planeet. Eers het sy saggies daarop gewys dat sy lank reeds nie meer ʼn kleuter is nie, maar hul ore was bot toe. Selfs Mammie het gereeld vir Ano met ʼn klein plastiek lepeltjie inligting gevoer, asof sy nie vir haarself kon dink nie.

Die irritasie het opgebou. Versoeke vir respek is geïgnoreer en die uiteinde was ʼn ontploffing gevolg wat die drie oueres, tesame met Mammie, na hul asems laat snak het. Almal was verbaas want, “ons is lief vir jou en wil jou net veilig hou”. Kyk ousus, dit is beter as jy nie die ystervark se penne aanhoudend na die verkeerde kant toe vryf nie!




Hier's ek weer, Hier's ek weer, Met my storie voor jou deur....

1 Kommentaar

Maak 'n opvolg-bydrae

Up
Top Ranked Users

[joinup_core_top_members columns=”1″ space=”no” max_members=”3″ behavior=”columns” columns_responsive=”predefined”]

Activity Feed