toegegooi onder woorde van dank roep ek uit na jou wat elke deel van my vashou ek verdrink met ‘n leë uitgestrekte hand ©VonVillon skildery – regina valluzzi

Wraak. Ek lees dat die grootste wraak is om dit te bereik wat ander gesê het onmoontlik is. Wat van jy lewe so dat jou afwesigheid ‘n swaarder las is. Solank wraak deel bly van jou siening, ongeag die konteks, bly jy ‘n slaaf vir die wêreld en sy opinies. Perspektief op die wêreld is […]


goud vir hout in my vir jou ‘n vlam brand ewig onuitblusbaar brand ewig, vurig warm vir my vlammelig skyn ewig helder, skerp skyn ewig witlig, eg in my vir jou storms dreun ewig onbedaarlik dreun ewig dondertoorn en vir my stormreën stort ewig louterskoon stort ewig suiwerrein ©VonVillon

skitterblou in die fleur van ‘n uitgestrekte sterrehemel sit ek kruisbeen op die groen oewergras betower deur haar oë wat blou skitter saam met die kruin van elke nuuskierige kabbel wat in die verbyvloei golf om te kan sien hulle het onderlangs gefluister gegiggel en stroomaf verdwyn in die fleur van ‘n uitgestrekte sterrehemel het […]


Oorhandig “Aanname,” val ek haar in die rede. Sy begin van voor af: “maar hulle dink …” “Aanname,” sny ek haar weer af. Ek sien hoe nog ‘n moontlike uitkoms in haar kop afspeel. Vinniger sê sy: “dalk is dit omdat …” “Aanname,” sê ek harder. Ek gee haar nie kans om verder te praat […]


onveranderd ek verdrink in die idee van jou as ek stilstaan word ek agtergelaat ek word teruggehou jy is op soek na wat met rooidag weer verlore gaan sit wanneer jy raad vra dit vereis jou volle aandag jy is die een wat agterbly waarheid onveranderd: as jy waarlik jouself kon help sou jy ©VonVillon […]





