Wraak
Wraak.
Ek lees dat die grootste wraak is om dit te bereik wat ander gesê het onmoontlik is. Wat van jy lewe so dat jou afwesigheid ‘n swaarder las is. Solank wraak deel bly van jou siening, ongeag die konteks, bly jy ‘n slaaf vir die wêreld en sy opinies.
Perspektief op die wêreld is die bepalende faktor vir ‘n gelukkige lewe. Lewensperspektief hou direk verband met denkwyse. Die manier van dink word beïnvloed deur ervaring en kennis opgedoen. Nie alle kennis en ervaringe dra by tot positiewe denke nie. Die waarhede van God, gevind in die Woord, is kennis wat lewe gee en vrymaak, natuurlik.
©VonVillon
1 Kommentaar
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.
Anze
Pragtig, baie dankie vir jou bydrae tot die Desember 2022- Samesyn projek