Jongste aktiwiteit:

Oorhandig

Oorhandig

“Aanname,” val ek haar in die rede.
Sy begin van voor af: “maar hulle dink …”
“Aanname,” sny ek haar weer af.
Ek sien hoe nog ‘n moontlike uitkoms in haar kop afspeel.
Vinniger sê sy: “dalk is dit omdat …”
“Aanname,” sê ek harder.
Ek gee haar nie kans om verder te praat nie.
“Om enige iets te voorspel, is ‘n aanname. Wanneer jy vir ander dink en voel neem jy aan. Weet jy waarom is soveel mense ongelukkig? Besef jy dat jou aannames nooit ‘n positiewe uitkoms is nie en dat jy daarin altyd skuldig of weer nie goed genoeg is nie?”
vra ek retories.
“Mense neem besluite gebaseer op aannames,” sug ek.
“Hulle ervaar die ergste wat kan gebeur in hul gedagtes, sou dit wel gebeur gaan hulle weer daardeur.”

Stadiger en sagter sê ek:
“Gee dit vir God, los dit by Hom. Wanneer jy dit nege en negentig keer teruggevat het, gee dit vir die honderdste keer terug. Onthou Romeine 8:28, Efesiërs 1:11 en gaan aan met jou dag.”
Sy gaan sit, elmboog op die knieg, ken op haar palm, byt die punt van haar pinkie en vra sag:
“Hoe handig ek oor?”
“Oorhandig is maklik, dis die ‘daar los’ wat moeilik is,”
sê ek glimlaggend want ons gesprek, vol vrae, laat my die waarheid van Jakobus se brief besef waarin hy skryf dat ons moet vra wanneer ons wysheid kort. Ek vra haar wat ek lank terug vir God gevra het:
“Wat beteken dit om aan God te oorhandig?”

©VonVillon




1 Kommentaar

Maak 'n opvolg-bydrae

op
Top Ranked Users

[joinup_core_top_members columns=”1″ space=”no” max_members=”3″ behavior=”columns” columns_responsive=”predefined”]

Activity Feed