Latest Activity:

Mabula (Goud)

Mabula

Mabula plek van reën
jy het die droog in my
uit kliprantjie en bosvallei bejeën
en uitgestort voor geelmaan
die rus oor my gelê
en toe met kampvuur
en ‘n winterkus
my slapend voor die sterre
teen jou hartplek vasgeseën

die kind was weer gebore
al het die reën ontbreek
voor olifant en buffelspoor
en die wildebees se rooibasboom
het die laksman
in die wildevy
ons skulde vrygespreek

Andries Fourie (Seirdna)
18.07.2022




1 Kommentaar

Maak 'n opvolg-bydrae

Up
Top Ranked Users

[joinup_core_top_members columns=”1″ space=”no” max_members=”3″ behavior=”columns” columns_responsive=”predefined”]

Activity Feed
  • PJB het n geregistreerde lid geword

  • Ian wrote a new post

  • Amaspoke wrote a new post