Jongste aktiwiteit:

AS die skoen jou pas

As die skoen jou pas.   Vrouens is anders.  Ons is net op ‘n heel unieke manier aanmekaar gesit.  Niks werk heeltemal soos die oorsproklike model, die man, verwag dit moet werk nie.  Ons huil as ons bly is, ons lag soms as ons boos kwaad is.  Wanneer ons iets kry, is dit in ons […]

Lees meer

Wingerdstok Taal

Wingerdstok Taal.   Uit geskiedenis se wingerstok Groei tradisies en my taal se loot. Toe Van Riebeeck dit hier geland het met sy skip, De Goede Hoop.   Van der Stel het ook ná hom gekom. Nog lote is aangeplant. En so, op ‘n sonkyn Kaapse dag Kom Afrikaans tot stand.   Ryp wynrooi woorde […]

Lees meer

Voel

  As jou pen nie meer wil skryf nie, want jou woorde verdrink in trane. As jou hart bestaan uit ‘n groot staal kis – vol niks. Wanneer jou oë ver kyk en bly fokus op die Wat As en die Miskien. Sleepvoet, met ‘n gemoed wat swaar en donker is.   Val dan. Val […]

Lees meer

Brief aan Liewe ek.

Liefde.  Ek weet nie so lekker nie.  Dis mos daardie seerkry ding.  Die ding wat jou laat sing.  Jy wil dans en lag en huil en jy vang soms dom dinge aan.  Maar dis ook goed en nodig.   Maar wat van die verbode liefde.  Die een wat ons almal behoort te hê, maar ma […]

Lees meer

Wat as

Wat as   Wat as ek kon vlieg.  Nie met vlerke soos ‘n voël nie.  Ook nie in een of ander meganiese vlieg masjien nie.  Wat as my gedagtes se vlugte werklikheid kon word.  Sou ek dan steeds verlang na dit wat kon wees?  Na dit wat was?   Maar wat as my gedagte-vlerke my […]

Lees meer

Tyd is geld

Brons 1198 woorde   Hermien kom opgewonde by die kombuisdeur ingebars.  “Mamma!!  Ek is gekies!”   Magdel draai verskrik om van die stoof waar sy besig is met aandete.  “Stadig nou!  Waarvan praat jy?  Middag my kind”.   “Hello ma,  skuus ma, maar ma, ek is gekies!  Ek gaan Juliet speel in die skool se […]

Lees meer

Klugspel (Brons)

Kom sit neer jou bagasie wat jy so lank al dra. Los die raad wat jy nie volg nie al het jy dit gevra.   Hark nader jou probleme en gooi dit op ‘n hoop. Jy het nou lank heeltemal genoeg met jou boggel-vrag geloop.   Ons almal staan op ‘n verhoog met maskers aan […]

Lees meer

Nagmerrie

Ons volk het ‘n ryk verbeelding. Drogbeelde en monsters wat spook. Daar’s ‘n vlieënde skip uit Holland en die duiwel en Van Hings wat rook.   ‘n Bruid wat staan in ‘n trourok op die pad na Uniondale. ‘n Man en sy perd op Nooitgedacht wat oor verlore skatte huil.   Daar’s Daisy met haar […]

Lees meer

Reis lig

In een van my hart se kamers staan baie tasse in ‘n ry. Met party wou ek net wegloop en met ander, langer bly.   Eenkant staan ‘n groot tas, Een wat ek nooit aan raak. Die bubbele slot en ketting is ‘n doelbewuste saak.   Die rooi tas het jou naam op en binne, […]

Lees meer

Dans van die gode

Die dans van Saturnus vind vanaand plaas onder die donker uitspansel van die hemel. Polsende musiek uit die vulkane van Mars en Venus wat haar sensualiteit aan die Aarde ontbloot.   Flikkerende sterre in blink gewaad arriveer op ‘n komeet se rug, Mercurius verskaf die nodige kampvuur met geleende hitte van die son.   Die […]

Lees meer
wag asb.
op
Top Ranked Users

[joinup_core_top_members columns=”1″ space=”no” max_members=”3″ behavior=”columns” columns_responsive=”predefined”]

Activity Feed