Jongste aktiwiteit:

XYZ (Brons kategorie)

dit was daar – die punt aan die einde van die sin. geen twyfel aan my sig of leesvermoë geen “per abuise” val van die pen die sweet, klam aan my vingers kon geen fout bespeur selfs sou ek dit tas asof in Braille daar was geen komma of rusteken – net ‘n punt deur […]

Lees meer

Die skemeruur (Brons kategorie)

nou, hier – in die stilte van die skemeruur kom sit styf hier teenaan my sy wyl ons gedagtes vêr in die niet in tuur met sekelmaan wat so lê-lê oor rante loer en die Piet-my-vrou se laaste eggo die aandwind roep lê jou kop hier teen my skouer terwyl my warmte jou sag omarm […]

Lees meer

Net donker (brons kategorie)

ek slaap die slaap van die dooies van donkerder as donker sonder enige drome soms onthou ek nog (ten dele) van ou drome soos vae gedagtes wat wil losbreek nes ou stofbedekte boeke op vergete rakke wat roep daarna om weer ontdek te word vergeelde blaaie wat ruik na ou ink en stof vergete (nou) […]

Lees meer

Uit my hart net vir jou

rose is rooi en viooltjies is blou maar dit bly steeds vaal teenoor jou die sonlig het stralekranse om jou getooi maar dit was nie net jou stap nie ook nie net jou sit nie maar die vonkel in jou stem en in jou oë – veral as jou mond saam sou lag – en […]

Lees meer

Heilige Nag

stiltes oorverdowend hier benede geen klanke geen stemme ‘n swart kombers bring die vrede vêr onder die suiderkruis sterre wat skitter, hemelliggies wat blink waswit wolke sleep hul skadus skerm en keer die son, tem sy mag mens en dier skuil met groot ontsag êrens is daar (tog) nog genade ons bly soekend steeds, dag […]

Lees meer

Swart hings

Swart sê ek jou, pikgitswart soos donkermaan se donkerte. Glimswart soos wat die son oor die rondinge en die kurwes speel. Net die sit was donkerbruin leer; pasgemaak om die ruiter gemak te gee tydens die rit. Hemels! Die verkoopsman, sekerlik ‘n Jood, het my eers ‘n koppie koffie aangebied en my verduidelik van die […]

Lees meer

Die Muur (OPDRAG 8)

Nuwe Digvorm: Quindiceòla – ‘n gedig met 15 reëls – 5 strofes van 3 versreëls elk. (15 = quindici in Italiaans; quinze in Frans) 1. Skryf ‘n gedig, Quindiceòla, met presies 120 woorde – die titel ingesluit. 2. Die titel moet natuurlik invloei/‘n aansluiting vorm, met die eerste versreël. 3. Daar moet emosie/s voorkom in […]

Lees meer

Kluis’naars Drome (Opdrag 7)

waar somerwind kluis’naars maak van bome waar ek nou in my alleenkaros woon het ek jou aanskou, ‘n nimf wonderskoon gebaai in soel somerson se strome daar waar kabbelende waterstrome bo-oor eens grootse spoelklipdrome troon van verspeelde kanse nou verloën lê my hart stil smagtend en droom drome van eens toe ek met sekere voetval […]

Lees meer

My Môrester, My Meesterstuk (OPDRAG 6)

sy was my onvergangklike nimf haar skoonheid tydloos en broos – soms met jaloesie en afguns bejeën – verdof deur eeue se aangeplakte beskerming maar herstel in kleurryke glorie om bloot te lê haar pêrelprag soos my hart en hand haar geskep het haar ontwaking is verwelkom vanuit ‘n skulp deur die westewind gelaat op […]

Lees meer

Opdrag 5: In sinchronie

in jou oë is die kleure van my palet vasgevang en in mooi getooi van rooi vir liefde en geel vir sonskyn – sien ek my beeld wat teruglag en wink na ‘n skoon skilderdoek van nuwe môres waar twee hande in volkome sinchronie ‘n nuwe prent van gisters vergete skilder ©callie 2018

Lees meer
wag asb.
op
Top Ranked Users

[joinup_core_top_members columns=”1″ space=”no” max_members=”3″ behavior=”columns” columns_responsive=”predefined”]

Activity Feed