Die skemeruur (Brons kategorie)
nou, hier – in die stilte van die skemeruur
kom sit styf hier teenaan my sy
wyl ons gedagtes vêr in die niet in tuur
met sekelmaan wat so lê-lê oor rante loer
en die Piet-my-vrou se laaste eggo die aandwind roep
lê jou kop hier teen my skouer
terwyl my warmte jou sag omarm
“moenie vrees nie” fluister ek sag
“die donker is koeler as die warm van die dag,
en sal jou koester al is jy moeg”
bly sit net nog ‘n rukkie hier langs my
wyl biggel-trane stadig oor my wange loop
en my warmte jou vir altyd omarm
nou, hier – in die stilte van die skemeruur
©callie
1 Kommentaar
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.
Anze
Pragtig, baie dankie vir jou bydrae tot die Desember 2018 projek