Net donker (brons kategorie)
ek slaap die slaap van die dooies
van donkerder as donker sonder enige drome
soms onthou ek nog (ten dele) van ou drome
soos vae gedagtes wat wil losbreek
nes ou stofbedekte boeke op vergete rakke
wat roep daarna om weer ontdek te word
vergeelde blaaie wat ruik na ou ink en stof
vergete (nou) in ou winkels op stil straathoeke
waar karre en mense elke dag verby snel
koppe geboë en hande in jassakke
in my donker rus
is daar geen vrees
geen bang meer
vir die onbekende
net ‘n finaliteit
‘n afwagting…
as ek die slaap van die dooies slaap
waar stikdonker my nie meer bangmaak nie
©callie 2018
1 Kommentaar
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.
Anze
Pragtig, baie dankie vir jou bydrae tot die Desember 2018 projek