Jongste aktiwiteit:

Heilige Nag

stiltes oorverdowend hier benede
geen klanke geen stemme
‘n swart kombers bring die vrede
vêr onder die suiderkruis
sterre wat skitter, hemelliggies wat blink

waswit wolke sleep hul skadus
skerm en keer die son, tem sy mag
mens en dier skuil met groot ontsag
êrens is daar (tog) nog genade
ons bly soekend steeds, dag en nag

staan sterk in die geloof
en wees nie bevrees nie
al is die vyand alom
uitkoms deur al die eeue
is lank gelede reeds beloof

uit liefde was die offer
al het die mensdom getaan
soos skape sonder hul herder
dwaal sommige (steeds) weg, al verder
net sommige stort egter ‘n traan

die Vader wys ons uit liefde Sy seun
Sy hande en voete vir ons verwond
maar selfs die hel se poorte
se diepste donkerste duister
kon Hom nie keer, Hy is ons pand

die hemele juig in skitterblink
engelekore wêreldwyd weerklink
van Sy dierbare liefde, oneindig
wat eggo die stiltes
op hierdie nag so heilig

©callie 2017
(‘n pastiche)
(met apologie aan Carma Shaw)




2 Kommentare

Maak 'n opvolg-bydrae

Up
Top Ranked Users

[joinup_core_top_members columns=”1″ space=”no” max_members=”3″ behavior=”columns” columns_responsive=”predefined”]

Activity Feed