
kuns
om woorde te gebruik
sodat dit iets vertel
sodat dit aandag trek
woorde kan lieg ook
woorde kan seermaak
woorde kan alleen staan
beskrywende woorde
is soos realisme
in die skeppende kuns
saamgeflansde sinne
is soos abstrakte
doek met strepe op
kuns om gedigte
te pleeg
is nie vir elkeen
©Teárlach
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.