Jongste aktiwiteit:

Die Muur (OPDRAG 8)

Nuwe Digvorm: Quindiceòla – ‘n gedig met 15 reëls – 5 strofes van 3 versreëls elk.
(15 = quindici in Italiaans; quinze in Frans)
1. Skryf ‘n gedig, Quindiceòla, met presies 120 woorde – die titel ingesluit.
2. Die titel moet natuurlik invloei/‘n aansluiting vorm, met die eerste versreël.
3. Daar moet emosie/s voorkom in die gedig. (bv. liefde, haat, vreugde, neerslagtigheid)
4. Daar is geen verpligte of vaste rymskema nie – vryevers.
5. In die gedig moet die volgende ten minste een keer voorkom: Parentese, Antitese, Vergelyking, Polisindenton, Onomatopeë, Alliterasie.

Die Muur

strek hoog en breed en vêr
versper my pad en blok my denke
verwar en verstar my hande, my voete

met gebalde vuiste slaan ek in magtelose stadige aksie
teen die spierwit koue laag pleister van waar daar
– van agter die hoë muur – hoonlag en tarting opklink

met geboë hoof, sweet deurdrenk, angs wat soos bloed drup-drup
smeek ek my martelaars om ‘n pad, ‘n opening vir my te maak
my deur te laat; my weg te neem van hierdie martelmuur

waar ek staan, nikssiende – asof geblinddoek voor ‘n vuurpeloton –
wagtend op woorde wreed geuiter…“ek ken hom nie!”
verstote verraai verloën

‘n vuisvoos mens wat sterf keer op keer
geblinddoek gemartel gegesel gestenig
vergeet maar nie vergeef

©callie 2018




12 Kommentare

Maak 'n opvolg-bydrae

op
Top Ranked Users

[joinup_core_top_members columns=”1″ space=”no” max_members=”3″ behavior=”columns” columns_responsive=”predefined”]

Activity Feed