Jongste aktiwiteit:

Die Reënboog Rozet (OPDRAG 8)

Die Reënboog Rozet verteenwoordig ‘n unieke digvorm met sy ontstaan uit die hart van Afrika. ‘n Digvorm wat die diversiteit van verskillende kulture weerspieël. Die gedig bestaan basies uit 14 reëls wat opgedeel word in 3 kwatryne met ‘n slot koeplet. Elke strofe het sy eie unieke skryfstyl en rympatroon. Die 1ste strofe het ‘n rympatroon van abab, die 2de strofe ‘n rympatroon van abba en die 3de strofe word in vryvers gedoen, waarna die gedig bymekaargetrek en afgesluit word met ‘n rozet(koeplet) as hoogtepunt. Ten spyte daarvan dat al vier strofes hul eie unieke karakter weerspieël, moet die gedig ‘n geheelbeeld vorm.

My land, my mense

Met tiekiedraai en polkaswaai wil ek eenvoud besing
wydverspreide eggo’s laat uitkring deur murg en been
‘n roepstem rou gekreet oor vlaktes wat saam kan bring
respek en liefde vir eenheid oor geslagte heen

die bo-Kaap sta’ vanaand weer blink gering
oge hemelwaarts bespat met druppels reën
menig’ oorloophart dankbaar, brandend vir seën
oor vreugde wat hul sing en dans in harte bring

aikonna, djy weet mos dan van beter, bra
laat daai gumboots stoftrap tot heuwels dreun
die beeste wei lank reeds toegekraal
wyl mamma’s pap roer oor konkavuur

so verskillend in ons eie denk’ en natuur
‘wyl Afrika se son ieder kop met liefde verduur!

©Driekie Grobler




8 Kommentare

Maak 'n opvolg-bydrae

op
Top Ranked Users

[joinup_core_top_members columns=”1″ space=”no” max_members=”3″ behavior=”columns” columns_responsive=”predefined”]

Activity Feed