Jongste aktiwiteit:

gedeë

uit diep grond kom dit
bonkig en baie swaar
gevorm eeue gelede
moeder-aar se goud

gemyn uit baie lande
getemper in afrika
gesmee in oorloë
afrikanerstaal

meer suiwer as afrika
troon hierdie gedeë rots
afgunstig beskou, verguis
verkrag en vermoorde rif

dog geen moord of krag
kan hierdie rots smelt
geen storm dit verwoes
sy hart is dan van Go(u)d

donker spel van kragte
ingespan teen God se rots
probeer al eeue uhuru verf
geen verf hou lank daarop

word wakker rots van Goud
kapmes en suur maak merke
reeds taan jou blinke vel
word warm en haal asem

kry krag van jou Maker
kry lewe van jou Verlosser
kry krag vanuit Sy Woord
trek Sy wapenrusting aan

word weer gloeiend blink
skitter Sy Lig vanuit jou hart
vee plat Sy vyande, vernietig
verslaan jou oponente finaal

staan weer trots gedeë goud
jou trots kom nie van jouself
jou blink nie van wêreldse eer
jou suiwerheid kom van Vader

©Teárlach




Maak 'n opvolg-bydrae

Up
Top Ranked Users

[joinup_core_top_members columns=”1″ space=”no” max_members=”3″ behavior=”columns” columns_responsive=”predefined”]

Activity Feed