Dix-sept (Opdrag 8)
Die dix-sept is ‘n 17 reël gedig. Dix-sept is nommer 17 in Frans. Die eerste nege reëls gaan oor terneergedruktheid en die volgende agt reëls oor bevryding van iets. 2 reëls (ab) 1 reël (a) 2 reëls (bc) 1 reël (c) 3 reëls (abc) 2 reëls (de) 1reel (d) 2 reëls (ef) 3 reëls (def)
In geheel ababccadcdedefdef. Alliterasie kom voor en beeldspraak word gebruik. Die gedig moet emosies op ‘n ander manier deurgee. (Wie sal ooit die werklike bedoeling van iemand verstaan soos tekeninge teen ‘n rots of gedigte, almal interpreteer dit soos hulle dit sien.)
in grotte teken ek my onthou en geheime
vir die toekoms en gelukkiges om te vind
teen rotse staan die waarheid sal hulle my onthou
vergete emosies in gate gebind
kan mense verstaan wat klippe skree
die kranse eggo vergifnis om alles weg te vee
sal vreemdelinge verstaan wat ek so met klippe toe bou
al die soeke op onbekende paaie my padkaarte verwaai deur die wind
die Suiderkruis kan ook geen rigting gee as wolke die sterre beklee
golwe het oor my gebreek, my siel skoon gewas
eindelik is ek vry die verlede het voor my kom kniel vir vergifnis
my uit die grot op die troon geplaas my geluk spruit uit soos gras
die hartseer harlekyn het plek gemaak vir ‘n koningin met ‘n betekenis
vaag verwronge verlede waai saam die wind weg
‘n Reënboog wat soos ‘n kroon op my kop pas
nuwe betekenis en weg saam die geskiedenis
die stryd is klaar tot in ewigheid geveg
©Charnê Harding
5 Kommentare
-

Callie Vermeulen
Pragtig Charne. Ek hou baie van jou skepping.
-
charne
Dankie Callie.
-

Driekie
Baie mooi, Charne, uitstekende konsep.
-
charne
Dankie Driekie wardeer
-
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.
Anze
Pragtig, dankie vir jou deelname aan die Pendoring 2 / INK kompetisie