Jongste aktiwiteit:

Bobbejaan

BOBBEJAAN. Rosina is besig om tafel te dek vir ontbyt toe Nico by die eetkamer instap. Terwyl sy besig is, neurie sy ingedagte ‘n tradisionele deuntjie. “Goeie môre, Rosina!” sê Nico agter haar. Sy wip soos sy skrik. “Jô!!”, sê Rosina en sy druk haar hand teen haar bors, “jô-jô, Meneer laat my skrik! Eish!” […]

Lees meer

Gee my jou hand

Gee my jou hand Jan-Hendrik maak sy oë stadig oop. Die aanbreek van die nuwe dag wys teen die gordyne in die kamer. In die skemer sien hy die vae lyne van die skildery teen die muur; die spieëltafel in die oorkantste hoek. Hy sien die blomme in die vaas wat sy skoondogter gister op […]

Lees meer

Huis Jabez

Huis Jabez Dit is winter en dis koud. Ek lig myself met moeite uit die bed uit. Die knusheid van die komberse lok my terug. Gisteraand het ons tot laat pakkies opgemaak en strikkies van helder, bont kleure vasgebind. My lyf voel dit. Halfsewe moet ons by die bymekaarkomplek wees. Elkeen met sy pakke skyfies, […]

Lees meer

‘n Rooi motorfiets

n Rooi motorfiets Soms, as ‘n mens tyd het, en die gedagte begin bietjie draaie loop, dan begin jy wonder oor goed wat jy eintlik lankal vergeet het, maar skielik weer onthou. En dis half asof die ervaring en insig wat die jare gebring het, dinge skielik anders laat lyk as wat dit oorspronklik was. […]

Lees meer

Ernest

Ernest Soms kom lewenslesse op snaakse maniere. Soms van iemand van wie jy dit nooit sou verwag nie. Soms kyk jy na mense en jy wens jy was soos hulle. Welvarend, suksesvol, goed geklee, oorgenoeg om te eet, goeie huis, goeie buurt. Blink motor.Miskien twee. Drie? Dalk ‘n huis by die see. ‘n Bosveldplaas. Of […]

Lees meer

Skenker

Skenker. Herman du Plessis Dis stil in die wagkamer. Die horlosie teen die muur wys dis tien oor drie. Ure het verby gegaan sedert hulle die tyding van die ongeluk die vorige aand gekry het. Dit voel asof die tyd vir hulle sedert die vorige aand gaan stilstaan het, maar in werklikheid het die wysers […]

Lees meer

Die ontmoeting

Die ontmoeting Mense wat hom nou op straat sien, sou nooit kon glo dat Salmon Verster ‘n raps meer as agt jaar gelede ‘n gesiene man was nie. Met ‘n Doktorsgraad in die Ekonomie het hy ‘n senior pos in ‘n gerekende maatskappy beklee. Sy huwelik was gelukkig. Sy kinders was goeie presteerders in goeie […]

Lees meer

Die Lewe

Lewe Wanneer begin die lewe? Met bevrugting? Met die eerste hartklop? Op ses weke? Met geboorte? Of begin die lewe met die eerste asemteug onder geluid van ‘n gehuil? Wanneer hy skuur-skuur oor die vloer begin kruip? Wanneer hy sy eerste wankelrige tree gee; -val en opstaan,val en opstaan- As die tande een vir een […]

Lees meer

Skenker

Skenker Al is dit Desember, is die wind snerpend koud. Dis moes iewers gehael het. Die reën swiep teen die ruite vas. Water hardloop in straaltjies oor die vensterbanke teen die mure af. Op die teer word dit poele, vorm stroompies, en loop in die afvoerpype weg. Die ambulans swaai met loeiende sirenes by die […]

Lees meer

Tydsberekening

Tydsberekening Daar is ‘n dik bank wolke in die weste. Dit lyk na reën in die laat namiddag. ‘n Drywer raak ongeduldig waar hy geparkeer staan met sy trok. Hy kyk op sy horlosie. Dis skuins voor tien. Hy moet sy vrag opgelaai kry, dit gaan aflaai op Hartbeespoort en teen sluitingstyd terug wees in […]

Lees meer
wag asb.
op
Top Ranked Users

[joinup_core_top_members columns=”1″ space=”no” max_members=”3″ behavior=”columns” columns_responsive=”predefined”]

Activity Feed