Jongste aktiwiteit:

Die Lewe

Lewe

Wanneer begin die lewe?

Met bevrugting?
Met die eerste hartklop?
Op ses weke?
Met geboorte?

Of begin die lewe
met die eerste asemteug
onder geluid van ‘n gehuil?
Wanneer hy skuur-skuur oor die vloer begin kruip?
Wanneer hy sy eerste wankelrige tree gee;
-val en opstaan,val en opstaan-
As die tande een vir een begin sny?
Of wanneer hy sy eerste woordjie sê?

Dalk begin die lewe
met die eerste dag in die kleuterskool.
Of dalk die eerste dag in graad R.
Moontlik die eerste dag van graad 1?
Of wanneer hy die laaste matriekvraestel inhandig.
Miskien wanneer hy inskryf as universiteitstudent?
Of die dag as hy op die verhoog staan om sy graad te ontvang.

Dalk begin die lewe
as hy die liefde begin verken.
Wanneer hy ‘n verloofring aan ‘n vinger steek.
Dalk wanneer sy bruid met die paadjie afgestap kom
in wit getooi.
Wanneer hulle die register teken,
of, as hulle glimlaggend buite die kerk op die trappe staan
terwyl die confetti op hulle reën.

Dalk begin die lewe
met die aankoop van hulle eerste huis.
Of wanneer hulle hoor daar is ‘n kleinding oppad.
Wanneer kleinding groot word en skooltoe gaan,
klaar maak met skool
en universiteit toe gaan.
Verloofraak, trou,
vir jou sê jy gaan oupa word.
Wanneer jy jou eerste kleinkind in jou hande hou
terwyl ‘n traan oor jou wang biggel.

Is dit lewe
as jy tussen alles deur van vreugde kan ronddans?
As jy baldadig in die branders saam met jou kinders baljaar?
As hartseer en verdriet jou verslae laat?
As jy en die maat van jou jeug op ‘n dag besef
daar is nie meer ‘n saampad nie?
As jy tussen dit alles deur op ‘n dag jou werk verloor?
Of wanneer jy spartel om alles betaal te kry met dit wat jy per maand verdien?
Wanneer jy hulpeloos op jou knieë staan en roep:
Here, help my!

Dalk begin die lewe
as jy op die stoep van die tehuis sit
en jy terugdink aan die lewe
wat was
terwyl jy wag
vir die lewe wat kom.
Of wanneer jy op ‘n bed lê
en die donker begin om jou toevou
terwyl jy vra
Here, wees my, sondaar, asseblief genadig!

As jy aan alles dink
sou jy sê
dit was werklik …. die lewe?

©Herman du Plessis




Maak 'n opvolg-bydrae

Up
Top Ranked Users

[joinup_core_top_members columns=”1″ space=”no” max_members=”3″ behavior=”columns” columns_responsive=”predefined”]

Activity Feed