Verlange na Eden
As die lewe sy harteloos suidewind
kom draai en seer in ons harte in waai
die reuk van die liefde se dood
soos verdorde roosknop ontbloot
die beddings met sy dood wil verfraai
verwoes en vertrapte God-skepsels
oor mistige eeue in trane verdrink
hul stemme wat uitroep en kreun
met trane wat lank reeds verdroog
nou opspring uit die gevoelloos en droog
die lewe staan huilend op skurf sere knieë
gooi bindend hul hand na U, o ons Heer
verhaas dan tog U genadige wederkoms
verlos ons van hierdie barre en mensgemaakte dors
daarom biddend en pleit ons verlos ons o Heer
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.