
Duskant dageinde
duskant dageinde
weerklaag ʼn woelsieke hart
naas ʼn bottelbrief
branders breek bruisend
trek en strek en sif deur sand
waar strandlopers staar
oor waters van vredensvloed
sluier skemerskim die dag
in kalm lafenis
gloei vergulde golfkamme
salwend siele-seer
©Loretta Szikra 24 Nov 2017
* Neologismes: bottelbrief, vredensvloed, skemerskim,
weerklaag (weerklink + weeklaag)
Haikie-Tanka-Haikoe
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.